Kies EEN ekstra vak vir Graad 4, 5 en 6
2025-10-27 · Janet Kieswetter
Graad 4 hoef nie skielik klomp vakke by te kry nie. Dis nog ‘n voordeel van tuisskool!
Ek wil graag my benadering verduidelik waar mens EEN ekstra vak neem per jaar vir graad 4, 5 en 6.
So, doen nog die twee kern goed elke dag: wiskunde en taal (gunsteling taal en sommige dae die tweedetaal).
En dan kies Aardrykskunde, Geskiedenis en Wetenskap as die ekstra vak wat julle een of twee keer per week doen. Vir een hele jaar! My voorstel:
Graad 4: Sosiale Studies wat aardryksunde en kulture en bietjie geskiedenis insluit.

Graad 5: Natuurwetenskap wat leer oor diere, fisika en die ruimte insluit. Vra jou kinders wat hulle wil oor leer en beplan jou jaar daarvolgens.

Graad 6: Geskiedenis soos Suid-Afrikaanse geskiedenis en wêreldgeskiedenis.
Kies een dag om net aan hierdie vak toe te wy. Dink net aan ‘n Wêreldland taak wat julle drie ure aan spandeer op ‘n Donderdag of Vrydag. 🤗
As een jaar te lank klink vir slegs een vak, oorweeg om ‘n in kwartale te werk. So, plaas van klomp ekstra vakke by te voeg, fokus julle om dieper te leer van een onderwerp. Dan is julle aandag langer by een ding en hoef nie te spring van een taak tot ‘n ander een nie.
Ek het Sosiale Studies program getitel Wêreldlande Jaar 1 en Wêreldlande Jaar 2. (Dit is lapbooks, kuns and resepte, interessante feite; prettige maniere om oor ‘n land te leer. Geskik vir kinders 4 tot 14 so julle kan dit saam met verskillende ouderdomme doen.)

Leer oor Wêreldlande saam met Kieswetter Klaskamer!
🌎 Wêreldlande Jaar 1 (kos R1000) 🌍
Albania
Australia
Botswana
Brazil
Canada
China
Denmark
Egypt
England
France
Germany
Greece
Haiti
India
Israel
Italy
Japan
Kenya
Lesotho
Mexico
🌍 Wêreldlande Jaar 2 (kos R1000) 🌏
Die volgende lande word in Wêreldlande Jaar 2 gedek:
Mongolia
Morocco
Netherlands
New Zealand
North Korea
Oman
Peru
Poland
Qatar
Russia
Singapore
Spain
Switzerland
Thailand
Turkey
United States of America
Uzbekistan
Vietnam
Yemen
Zimbabwe
Wat gaan jy als ontvang op die memory stick?
1. Die land kom altyd saam ‘n skootboek of werkkaart pakket. Die kaart en vlag van die land is in sy lêr op die memory stick.
2. Kunsflyt! Ons wys jul hoe om iets te maak uit die land. Bv, maak die Jesus standbeeld van Brazil! Foto’s is ingesluit.
3. Bak en brou! Ons gee maklike resepte van die land se tradisionele kos;
4. Leer oor die land se nasionale dier of blom, dans of musiek. Video skakels na goeie You Tube video’s wat jou meer leer oor die land is ingesluit.
5. Lied of sport of uitrusting wat by die land pas as ‘n ekstra lekker ding!
Gepas vir enige laerskool ouderdom want my eie kinders was 15, 12, 9 en 6 jaar oud toe ons dit doen. Kom verken die wêreld saam met ons!
Kontak my by 0723412747 om jou memory stick te bestel en dan pos ek dit met Pudo. Jy kan Jaar 1 of Jaar 2 alleen bestel of albei vir R1500, spaar R500!
Vir Wetenskap, kan julle eksperiment boeke aankoop of biblioteek boeke uitneem of Thunderbolt Kids (CAPS) se gratis wetenskap gebruik. Ons het verskeie Science Kits gekoop, die wat saam elektriese stroombane gebruik of chemiese toerusting. Dit saam met uitstappe na Wetenskap museums en plekke soos Science-Enza by Universiteit van Pretoria het ons wetenskap kurrikulum verryk!

Vir geskiedenis, kan julle kyk na Footprints on our Land, of My Geskiedenis Avontuur of Junior Saints se program.
Junior Saints is eintlik ideaal vir hierdie tipe benadering want dit strek oor die jare van 8-11 jariges maar dit beperk jou nie oor wanneer julle die werk wil doen nie. Dis in Engels aangebied en lê ‘n super goeie fondasie in wtenskap met Chemistry, Biology en Physics op ‘n prakties en prettige manier. Dit het ook Geography, History, English en Afrikaans. (Alhoewel die Afrikaans tweedetaal is, so ek sal ‘n ander Afrikaans aanbeveel as julle huistaal Afrikaans soek.) Junior Saints – Homeschooling Education Worldwide https://share.google/c4OaQfe18KJTXKfi7
Tuisskool kinders sal dan maklik transisie kan maak na Cambridge/Britse kurrikulum in die hoërskool as hulle so pad wil volg.
Of hulle sal die Amerikaanse Hoërskool Diploma kan doen OF die GED. So daar bly baie opsies vir hulle vir hoërskool. Nie een van die drie hoërskool opsies vereis ‘n rapport of bewys van graad 7 wat voltooi is nie. Daarom kan julle die skilderagtige roete neem in die laerskool jare.
Hoekom lief ek so benadering? Want tuisskool mammas is besig en ons kinders is verskillende ouderdomme. So ek kies werk wat ons saam kan doen en die take net opverdeel.
Byvoorbeeld:
– Oudste kind skryf werk uit ‘n biblioteek boek neer.
– tweede kleur of verf die land se vlag en waar die land is op die wêreldkaart. Hulle kan kort feite invul.
– jongste kind oefen die klank waarmee die land begin.
Die vrees van hierdie benadering is dat kinders uitmis op inligting wat in die sillabus is. My antwoord is, wat onthou JY van skool? Te veel inhoud gaan by die een oor 👂 in en weer uit by die ander.
So, besluit om skoolwerk te geniet! Te hoor wat wil jou kind graag leer en dit dan goed te navors en ORDENTLIK te leer. Kies KWALITEIT bo kwantiteit. Kies opwindende leer wat wonder by jou kinders kweek eerder as om net deur ‘n sillabus te sloer.




