Watse kurrikulum doen julle? Ek kry hierdie vraag baie. In verskillende vorms. Watse soort tuisonderrig doen julle? Waar doen julle homeschooling? By wie is julle vir tuisskool?
Mense dink dis ‘n een woord antwoord. Maar vir my is dit ‘n baie lang verduideliking. Dis nie so eenvoudig nie. So ek gaan dit sommer in ‘n blog artikel antwoord. Dan kan ek die skakel aanstuur as ek weer die vraag kry.
Ek gaan julle eers vertel wat doen almal en dan verduidelik hoekom.

Janéy is 17 is het haar Amerikaanse Hoërskool Diploma voltoou sonder om een eksamen te skryf!
Die American High School Diploma (AHSD) word gedoen oor vier jaar: graad 9, 10, 11 en 12. Studente moet ten minste 22 krediete versamel en elke vak se slaagsyfer is 60%. Op die datum, (5 Oktober 2025) wag ons nog vir Janéy se finale transkrip. Maar sy het 28 krediete gekry en onsettend goed geslaag. Ons het besluit dat sy nie die SAT eksamen sal skryf nie omdat dit Pure Maths kort asook Engels. Die Engels sou heel doenbaar vir Janéy gewees het maar die wiskunde is nie moontlik vir kinders wat eerder Wiskunde Geletterheid geneem het nie. Goeie punte met die SAT eksamen gee studente universiteit-vrystelling. Daarom sal Janéy dan sonder vrystelling haar Matriek sertifikaat ontvang en bevestig deur SAQA.
Sy beplan om haarself verder te bekwaam in die rigting van sielkunde en ‘life-coaching’. Daar is ontelbaar sielkunde kursusse beskikbaar aanlyn wat nie vrystelling versoek nie. So paar opsies is SACAP, Centre of Excellence, Certified Excellence om net ‘n paar te noem. Ook lewenservaring op te doen by sekere na-skool kampe en avontuur studente organisasies soos Pathfinder-Impact en Warriors.
Baie mense bly geskok dat st Matriek kan voltooi sonder eksamens te skryf. Dis waar! En wat ‘n rustige, kalm leefstyf het sy geniet!

Ilani is 15. Sy het hierdie jaar vir die eerste keer in haar lewe, skool toe gegaan.
Dis opvallend dat die ander kinders by Saintsburg Edu-village nie die plek aanskou as skool soos hulle skool ken nie. Dit het net 4 dae van kampus toe gaan, Maandae toe Donderdae. Dit het net 3 vakke elke dag van 100min elk. Met 10 min in die middel en dan halfuur breke tussen elke vak. So hulle leer oor iets in diepte en word nie onderbreek met ‘n klok wat lui nie. Hulle mag ook gewone klere dra so Ilani sê dit voel reeds soos ‘n kollege kampus.
Hulle aanslag is ook anderste. Hulle leer nie die kinders uit handboeke nie. Die onderwysers word tutors genoem en hulle ken die vakinhoud. Hulle leer dit vir die studente en die studente oefen dit op werkkaarte spesifiek ontwerp vir daardie afdeling werk. Ilani leer met video’s en breinkaarte, diagramme en praktiese eksperimente. Sy LIEF die Fisieka, Chemi en Biologie. Sy verstaan die Wiskunde al is dit so anders en nuut. Engels en Afrikaans is haar grootste uitdagings omdat sy disleksie en disgrafie het, so lees en skryf vakke maak haar lam! Maar die skool is amazing met akkommodasies en vind maniere om dit vir haar makliker te maak.
Ilani wil graag Ekologie gaan studeer so sy sal aansoek doen by baie universiteite met haar IGSCE eksamen uitslae. Maar dis nog in die toekoms.

Tenike is 12 en doen graad 6 deur MOS
Tenike het laas jaar gesê dat sy bekommerd voel dat sy nie genoeg skoolwerk doen nie. En sy was reg. So, omdat haar beste maatjie, Emily reeds by MOS-aanlynskool was, het Tenike gesê sy wil dit ook probeer. MOS gebruik die CAPS stelsel maar dis ook nie heeltemal soos hoofstroom skool se CAPS nie. Dis baie meer kreatief en tuisskool vriendelik.
Daarmee bedoel ek dat kinders hulle eie rooster kan optrek en besluit wanneer doen hulle watse vak. Hulle stel doelwitte en werk dan om dit te bereik. Hulle maak gebruik van Google Docs, Google Slides, soms ‘n vorm invul, Canva en gewone papierboek om take in te skryf. Video’s en stemnotas word ook ingehandig wat vir my drama dolla baie goed werk!
MOS het nie eksamens tot graad 10 nie. So daar is nie eksamendruk of toetsreeks stres elke kwartaal nie. Leerlinge kan die gewone IEB Matriek skryf sou hulle besluit om MOS tot graad 12 te doen.

My tweeling Nivea en Michaela is 9 jaar oud, graad 3 in 2025.
En laastens geniet my tweeling nog die Eklektiese metode wat ek met al my kinders gevolg het vir baie jare. Eklekties beteken ek bou hulle kurrikulum self. Ek kies en keur watse wiskunde, Engels en afrikaans hulle doen. Ek vind ‘n super goeie natuurwetenskap genoem Nature Kids wat geskik is vir nuuskierige grondslagfase kinders. Ek laat hulle toe om gebaretaal te leer omdat hulle wil.
Ons het ook die jaar met Junior Saints begin wat uitstekende voorbereiding is vir Cambridge in die hoërskool. Dit het History, Physics, Biology, Geography, Maths, English en Afrikaans! En is gemik vir kinders 8 tot 11 jaar oud. Ek loer en kyk wat ons wil doen en daar is so baie goeie lesse reeds uigewerk vir ons. Projekte en eksperimente. Hulle aanslag is ook eklekties en daar is geen druk om dinge op ‘n sekere tydstip te voltooi nie. Grade kan invloei inmekaar maar dat kinders ‘n goeie opvoeding kry, is gewaarborg!
So, ek hoor julle sê hoe dol dit moet wees by ons huis. En ja dit is! Maar ek gun vir my kinders hulle unieke padjie. Hulle elkeen het hulle eie talente en gawes. Hulle toekomsplanne is uiteenlopend, so hoekom gaan hulle tuisskool dieselfde lyk? Ons benadering was nou al vir 11 jaar om die beste onderrig te soek en dit aan te pas om by ons kinders te pas. Ons buig die onderrig vir hulle. Ons forseer nie hulle om te pas by net een soort leerplan nie.
Omdat daar so baie opsies is, soek ons die beste een vir elke kind! En dit werk vir ons!
Ek gaan meer in "detail" in oor al die verskillende kurrikulums in my 5-video kursus waar jy ook dan deel raak van n privaat Skool groep met ander tuisskool mammas.
Jy kan meer informasie kry oor die "Hoe Om Te Begin Tuisskool" kursus hier.

HI, EK IS JANET KIESWETTER…
Janet Kieswetter is ’n gekwalifiseerde onderwyser, mamma van vyf en die hart agter Kieswetter Klaskamer — ’n opvoedkundige platform wat Suid-Afrikaanse mammas help om tuisskool eenvoudig, lekker en haalbaar te maak.
Met meer as 11 jaar se tuisskool-ervaring bring sy ’n unieke kombinasie van onderwys, spelterapie en kinderontwikkeling saam om gesinne te help leer met vreugde en selfvertroue.
Deur haar kursusse, hulpbronne en gemeenskap, bemagtig sy mammas om met rustigheid te begin en leer weer ’n genotvolle deel van die gesinslewe te maak. 📚
SLUIT AAN BY MY NUUSBRIEF

Oor hierdie blog
By Kieswetter Klaskamer deel Janet praktiese wenke, stories en idees om tuisskool makliker en lekkerder te maak. 🌻
Nuusbrief
💌 Wil jy nie ’n wenk of nuwe hulpbron misloop nie?
Sluit aan by die Kieswetter Klaskamer Nuusbrief en kry inspirasie, praktiese idees en tuisskoolhulpbronne direk in jou inkassie!