
Ontmoet Janet Kieswetter – gekwalifiseerde onderwyser en mamma van 5 wat Suid-Afrikaanse gesinne help om tuisskool eenvoudig, lekker en moontlik te maak met 11 jaar se ondervinding
Kyk gerus na my GRATIS hulpbronne!
Afdrukbare Hulpmiddels

Sluit in: Sigwoorde Geheue Speletjie
Werkkaart: Eksperiment met Magnete
B-letter Bingo
Cat in the Hat Rhyming exercise
Alfabet Gebaretaal
En vele meer...
My Blog Posts

By Kieswetter Klaskamer deel ek eerlike stories, praktiese wenke en inspirasie oor tuisskool in Suid-Afrika. Elke artikel is geskryf om jou te help voel dat jy nie alleen is nie — of jy nou pas begin of al langer op hierdie pad is. Kom lees, leer en kry nuwe idees om leer weer lekker te maak! 💛
🌟 NUUT!
Ontdek my splinternuwe kursus, “Hoe om met Tuisskool te Begin in Suid-Afrika” — ’n 5-delige videoreeks met praktiese riglyne, wenke en ondersteuning.
🎁 Sluit GRATIS toegang tot die Kieswetter Klaskamer Skoolgemeenskap in!


Ja, vanaf die jaar wat die kind 6 word of Graad R toe gaan tot die jaar dat die kind 15 word of Graad 9 toe gaan, moet hulle, volgens die BELA Wet registreer by hulle provinsie se Departement van Onderwys.
Nee, jy registreer net een keer vir tuisskool.
Ja! Tuisskolers het baie opsies wanneer dit kom by Matriek. Hulle kan die gewone NSC Matriek skryf deur verskeie instansies. Eksamens word in lokale of selfs tuis, met 'n toesig geskryf.
Hulle kan die Cambridge/Britse kurrikulum eksamens skryf en internasionale akredidasie kry.
Hulle kan die Amerikaanse Hoërskool Diploma doen, ook deur verekeie diensverskaffers.
Tuisskolers kan ook kies om die GED eksamens te skryf en so hulle NQF 4 kwalifikasie kry.
Die internasionale kwalifikasie roetes word dan aan SAQA ingedien, R2350 word betaal, en dan, as die punte voldoende is, kry die student die Suid-Afrikaanse Matriek Sertifikaat.
Ek sal argumenteer dat Tuisskool kinders MEER sien van die regte lewe as skoolkinders. My kinders sien as die eletrisian en loodgieters kom werk aan ons huis. My kinders het 'n praatjie gegee by die publieke verhoor van die PCBE (Portfolio Committee of Basic Education). Ons het na minderbevoorregte kleuterskole gegaan en voorskool gereedskap geskenk. My dogters het vrywillig gehelp by Kungwini Huis vir Gestremdes. In 'skool' tyd. Ek weet van tuisskolers wat uithelp by ouetehuise en plaaswonings. My dogters het ook geleentheid gekry op 'n moviestel en deel was van 'n advertensie skiet een jaar (2019) en kortfilm in 2025.
So ja, ons kom uit. :)
Ja, hulle kan vir seker universiteit toe gaan. Soos die vorige antwoord wys, kan hulle Matriek kry. Maar baie matrikulante kom steeds nie in Universiteit nie, selfs met goeie punte. Dus, is tuisskolers in 'n goeie posisie om alternatiewe skool- verlating opsies te soek en voor te berei.
Soms is dit 'n ambag of tegnikon.
Soms is dit dadelik in 'n beroep soos gimnastiek afrigter of dans juffrou. Ek weet van tuisskolers wat kursusse in robotika en programering aanbied.
Sommige begin dadelik in hul ouers se besigheid te werk of op die plaas te boer. Ander gaan werk oorsee vir 'n tydperk.
Daar is soveel Sertifikaat kursusse beskikbaar dat tuisskolers sonder vrystelling eers sertifikaat sal kan studeer en dan diploma kry en dan hul graad kan kry. Tuisskolers kan navors en kan onafhanglik werk. So niks keer hulle om in enige rigting te loop nie.
Wel, dit hang af van gesin tot gesin. Is alle publieke skool kinders goed aangepas? As ouers kuier en sosiaal verkeer, dan sal hulle kinders. Of hulle nou skool toe gaan of nie
Daar is baie bedrewe sportmanne en -vroue in die geledere van tuisskool-alumni. Dikwels haal gesinne hul kinders uit die skool sodat hulle meer tyd in hul gekose sportloopbaan kan spandeer.
In Pretoria, waar ons woon, is daar vir 'n elke sport onder die son 'n klub of skool wat tuisskolers nooi om deel te neem. Daar is tuisskolers wat Blou Bulletjie rugby speel!
Kleiner dorpe se tuisskool ouers sal moeite moet doen om die skool/skole in hulle omgewing te vra of hulle kinders mag deelneem aan sport. Meeste skole is vriendelik en
verwelkom goeie sportsmanne en dames in hul spanne. Dis tog tot hulle voordeel.
Sporte soos tennis en boogskiet kan deur private afrigters geoefen word. Tuisskoolers kan inskryf vir kompetisies en deelneem nes publieke skoolkinders.
Buitemuurs wat ons vyf dogters aan deelneem: Akrobaat, koor, netbal, moderne dans, kuns, drama, redenaars en berede boogskiet. In die verlede het hulle ook ballet, tennis en swemlesse gedoen.
Dis moeliker om te antwoord want daar is baie veranderlikes om in ag te neem. Dit is waar my 5 module kursus in kom. Ek gaan deur al die kurrikulums en wat om in ag te neem. Kliek Hier Vir Inligting
Daar is onsettend baie kurrikulum opsies beskikbaar in Suid- Afrika en ook miljaard oorsese kurrikulum opsies, van baie duur tot gratis!
Nee.
Omdat jy hierdie lees, wys dit my jy doen reeds moeite om te leer oor tuisskool.
Niemand gee meer om vir jou kind as jy nie!
Jy is dalk nie 'n onderwyser nie, maar jy gaan soek vir die beste kurrikulum vir jou kind, jy gaan help dat hulle mooi die werk verstaan, en raad kry by kenners en deskundiges
wanneer hulle vashaak. Of dit nou deur videos of tutors of terapeute of aanlyn konsultasies is, gaan jy nie rus as dit kom by jou kind se opvoeding nie. Jy is dus meer betrokke en belê die meeste tyd en energie in jou kind se opvoeding as enige iemand anders.
So ja, kom wat wil, jy sal jou kind suksesvol kan tuisskool!
Die beste plek om te begin is met my 5 module kursus en dit van daar af verder te vat. Jy raak ook deel van ons privaat gemeenskap met ander tuisskool mamma's so jy is nie alleen nie. Kliek Hier Vir Inligting
Wees die eerste om te hoor van enige nuwe hulpbronne, blogs of kursusse.